Bizskoops - 19 Maart 2026

Loading player...
Op hierdie week se Bizskoops:

Rentekoersverlagings lyk dag vir dag minder waarskynlik, en die jaarlikse verbruikersinflasie het in Februarie tot drie persent gedaal.

Chris Hattingh van die Sentrum vir Risiko-analise ontleed die domino-impak van die huidige Midde-Oosterse konflik, verder as net die energiekrisisse.

Professor Waldo Krugell gesels oor die dreigende brandstofprysverhogings, inflasie en 'n les wat ons kan leer uit Japan van 1973.

Tesla en Suid-Korea se LG Energy sluit 'n strategiese ooreenkoms, en plaaslik het stygende studentegetalle die maatskappy Stadio Holdings 'n hupstoot gegee.

Dorothy Mabuza, uitvoerende hoof van die Gauteng Vervoerowerheid (TAG), deel die Gauteng Vervoerowerheid se visie om 'n geïntegreerde vervoerstelsel te ontwikkel wat bydra tot omgewingsvolhoubaarheid.
19 Mar Afrikaans South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Bizskoops - 3 September 2026

Volgens die Minister van Finansies, Enoch Godongwana, het Suid-Afrika sedert 2018 miljarde by nege internasionale finansiële instellings geleen en Suid-Afrika se vervaardigingsektor het in Augustus onder druk gebly. Die ekonoom Waldo Krugell bespreek die wisselkoers en brandstofpryse. In internasionale sake-nuus het die goewerneur van die Bank van Engeland die G20…
3 Sep 12 min

Bizskoops - 27 Augustus 2026

Die regering werk steeds daaraan om 'n permanente Basiese Inkomsteondersteuningstoelaag te vestig, en ons hoor van volhoubaarheid by Naspers. Professor Waldo Krugell bespreek die Amerikaanse staatsskuld en die impak daarvan op die rand. In internasionale sake-nuus is Shein gereed om op die Hong Kong-aandelebeurs te noteer, terwyl Grindrod plaaslik sterk…
27 Aug 12 min

Bizskoops - 20 Augustus 2026

Suid-Afrika se jaarlikse inflasiekoers het in Julie tot vier komma drie persent gedaal, terwyl Suid-Afrikaners onder ernstige finansiële druk bly weens hoë skuldvlakke. JP Landman gee 'n oorsig van afsondering en verduidelik waarom dit belangrik is vir plaaslike regering en dienslewering, terwyl professor Waldo Krugell AGOA en die belangrikheid daarvan…
20 Aug 9 min

Bizskoops - 13 Augustus 2026

Suid-Afrika se amptelike werkloosheidsyfer het gestyg tot 33.6%, terwyl die Suid-Afrikaanse Reserwebank direkte beheer oorneem oor sleutel regulatoriese en toesighoudende funksies in die land se nasionale betalingsstelsel. Professor Waldo Krugell verduidelik hoe dele van die ekonomie steeds onder druk is. In internasionale sake-nuus het Nvidia vennootskappe met groot Wall Street-beleggers…
13 Aug 12 min

Bizskoops - 6 Augustus 2026

Eskom se munisipale agterstallige skuld het R119 miljard bereik, terwyl die Suid-Afrikaanse Poskantoor sy eerste ongekwalifiseerde ouditmening in ses jaar ontvang het. Professor Waldo Krugell bespreek die finansiële druk wat die middelklas in die gesig staar. In internasionale sake-nuus het 25 state in die Verenigde State president Donald Trump se…
6 Aug 10 min