Grys en Gatvol maar Glad Nie Stil Nie

Loading player...
Ons gesels met kunstenaar en skrywer Maritza Breitenbach – ’n vrou wat nie net skep nie, maar ook voel, dink en kyk op maniere wat jou laat stilstaan.

Van haar internasionaal erkende “The Cookie Book”, wat selfs Oprah se aandag getrek het, tot haar beeldhouwerk wat gevorm word deur die unieke lens waardeur sy die wêreld bekyk – Maritza vat ons in haar kop, haar hart en haar hande.

Ons praat oor vrouwees. Nie die Instagram-weergawe nie, maar die rou, eerlike weergawe.

En dan die podsending “Grys en Gatvol”, saam met joernalis Melanie Verwoerd – ’n ruimte waar vroue praat oor peri- en postmenopouse, oor die dinge waaroor daar te min gepraat word, en te veel in stilte “2-uur-in-die-oggend” gegoogle word.

Maar dis KLETS. Ons bly nie lank op een plek nie.

Die Peet en Mel Viljoen-sage wat soos ’n sepie bly ontvou, die Oscars wat al hoe meer hul glans verloor, en die vraag of Gwede Mantashe regtig weet hoeveel brandstof Suid-Afrika het… of hoop niemand vra nie, of dalk net hoop die spreadsheets lieg nie.

En dan, soos ’n goeie laaste noot, kyk ons na Anton Goosen op 80 – want blykbaar is daar op 80 nog meer as net rock en roll in sy pype.

Dis kuns en kommentaar. Dis vrouwees en wêreldnuus.
Dis dieper gesprekke… Dis KLETS.
18 Mar Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Kerse, Koalisies en Kommer

Die kiesers het gepraat. Die politici is nog besig om te besluit of hulle dit gehoor het. 𝗞𝘆𝗸 𝗵𝗶𝗲𝗿 - https://afrikaans.radio/klets/ep-266-kerse-koalisies-en-kommer/ Blou wil regeer. Groen ook. En êrens in die middel is daar ‘n kombinasie van groen en groen en rooi wat op papier lyk soos ‘n verkeerslig wat nie…
18 Nov 1 hr 01 min

Elke Verkiesing Is Die Belangrikste. Tot Die Volgende Een.

Dis stemdag, en vandag is jy skielik belangrik vir elke politikus. 𝗞𝘆𝗸 𝗵𝗶𝗲𝗿 - https://afrikaans.radio/klets/ep-265-elke-verkiesing-is-die-belangrikste-tot-die-volgende-een/ Vandag se munisipale verkiesing word beskou as een van die belangrikstes sedert 1994, en almal het ’n opinie oor waar jou kruis hoort. Colene en Matthys loop deur die opsies, die voorlopige peilings soos op…
4 Nov 1 hr 05 min

Krane, Kilo’s, Kakkerlakke en ’n Kat

Hierdie week se KLETS begin by ’n kraan wat meer bring as net water. 𝗞𝘆𝗸 𝗵𝗶𝗲𝗿 - https://afrikaans.radio/klets/ep-264-krane-kilos-kakkerlakke-en-n-kat/ In Tshwane se kant van die wêreld het die riool die watersisteem ontdek, en skielik is “bottled water” nie meer ’n luukse nie. Dis ’n krisis met ’n baie spesifieke reuk. Terwyl…
28 Oct 55 min

Hy Huil, Ons Betaal

Colene is karloos in Johannesburg en Matthys kry warm in die studio. 𝗞𝘆𝗸 𝗱𝗶𝗲 𝗘𝗽𝗶𝘀𝗼𝗱𝗲 𝗵𝗶𝗲𝗿 - https://afrikaans.radio/klets/ep-263-hy-huil-ons-betaal/ Die verkiesing is om die draai. Op elke lamppaal hang daar ’n gesig wat jou vertel vir wie om te stem, en almal lyk skielik baie lief vir jou. Fekile Mbalula stort…
21 Oct 1 hr 02 min

Wyn, Woorde en Bartho Eksteen

Daar is mense wat oor wyn praat, en dan is daar die man wat dit maak. 𝗞𝘆𝗸 𝗱𝗶𝗲 𝗲𝗽𝗶𝘀𝗼𝗱𝗲 𝗵𝗶𝗲𝗿 - https://afrikaans.radio/klets/wyn-woorde-en-bartho-eksteen/ Hierdie week KLETS ons saam met 𝗕𝗮𝗿𝘁𝗵𝗼 𝗘𝗸𝘀𝘁𝗲𝗲𝗻 van Bartho Eksteen Wynlandgoed. Hy vertel van die wyne wat ons op 𝟮𝟵 𝗢𝗸𝘁𝗼𝗯𝗲𝗿 𝟮𝟬𝟮𝟲 gaan proe, en van die…
14 Oct 39 min