
Anton Goosen oor pa-word op 80
Loading player...
Jean-Louis gesels met die legende van Afrikaanse rock, Anton Goosen. Op 80 begin hy ’n nuwe hoofstuk in sy lewe, want hy en Estie verwag hul eerste kind saam. Anton beskryf die nuus self as: “Dis soos om tjoklitkoek te kry, maar jy het beskuit verwag.” In hierdie spesiale gesprek praat hy oor hoe dit voel om op 80 weer pa te word, wat hy sê vir mense wat verbaas is, en hoe hy pa-wees op tagtig sien.

