Die Eerste Agt Dae van die Oorlog: ’n Suid-Afrikaner in Doha vertel

Loading player...
Die bomme val steeds in die Midde-Ooste en die wêreld kyk met groot oë na wat besig is om te ontvou. Ons praat met Adam du Plooy, een van ons getroue KLETS-luisteraars wat in Doha, Katar woon, om te hoor hoe dinge werklik op grondvlak voel.

Adam gee vir ons sy perspektief ná die eerste agt dae van die oorlog. Hoe lyk die lewe tans daar? Hoe ervaar mense die spanning? En hoe lyk dit wanneer wêreldpolitiek skielik baie naby aan jou voordeur begin voel?

Ons gesels ook oor iets wat baie Suid-Afrikaners ken: resilience. Daai vermoë om aan te gaan, selfs wanneer dinge skeefloop.

Maar terug by die huis lyk resilience soms effens anders.

Met petrolprysverhogings wat vir April 2026 voorspel word, ontdek Suid-Afrikaners nou ’n nuwe vorm van oorlewing: Uber Moto. Ja, daai klein motorfiets wat dalk binnekort die goedkoopste manier gaan wees om by die werk uit te kom.

En dan herinner Suid-Afrika ons weer dat niks hier ooit werklik heilig bly nie… selfs nie in die dood nie.

Ons praat oor die skokkende nuus van ’n sindikaat wat mense glo vermoor om lewensversekering uit te eis, en Matthys deel ook sy persoonlike ervaring met bedrog rondom sy ma se begrafenispolis. ’n Storie wat wys hoe maklik "trust" in banke en die polisie jou diep in die steek kan laat.

So ja… ons het slaggate, waterprobleme, kragonderbrekings en bedrog.
Maar soos baie Suid-Afrikaners half dankbaar sê: ten minste is ons nie in ’n oorlog nie.

Dis wêreldpolitiek en plaaslike realiteit. Dis resilience en realiteitstoetse.
Dis KLETS.
11 Mar Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Ink op "Die Papier" en Vuur in die Midde-Ooste

In hierdie week se KLETS praat Colene en Matthys met die nuusredakteur van die splinternuwe Afrikaanse weeklikse koerant, Die Papier. In ’n tyd waar verskeie Afrikaanse koerante hul deure gesluit het, verskyn Die Papier op Vrydag 6 Maart 2026 vir die eerste keer en gaan dit elke Vrydag landwyd op…
4 Mar 49 min

Van SONA tot SAAI: Die werklikheid van Bek-en-Klouseer

Hierdie week se KLETS begin by die groot verhoog: SONA 2026. Die rooi tapyt, die applous, die beloftes. Maar wat bly oor, ná al die woorde? Dan skuif ons van die Parlement se blink ligte na die stofpaaie van die platteland. Ons gesels met Dr Theo de Jager van SAAI,…
18 Feb 58 min

Hitte, Hormone en Hoofopskrifte

Hierdie week se KLETS begin nie met politiek nie. Dit begin met hitte. Daai Gauteng-hitte wat jou laat wonder of jy in Pretoria, Pofadder of binne-in ’n pizza-oond woon. Matthys is oortuig sy breinselle het begin saamsmelt, en Colene probeer vasstel of dit die hitte, menopouse, andropouse of net die…
11 Feb 1 hr 04 min

Donder, Bliksem, Dis steeds Januarie

Dis Januarie. Nogsteeds. En asof die jaar self dit wil bevestig, breek Gauteng oop met ’n moerse donderstorm terwyl Matthys en Colene die mikrofone aanskakel. Perfekte weer vir ’n KLETS vol hoop, verwarring en ligte paniek. In hierdie week se episode gesels ons oor daardie emosionele rollercoaster van Januarie. Die…
28 Jan 53 min

’n Dieet, ’n Diktator en ’n App

Is jou Nuwejaarsvoornemens om gewig te verloor? Colene deel ’n wenner-dieet uit 1977 wat jou óf laat maer word, óf gelukkig gaan maak. Carl Niehaus het ’n plan. ’n Groot plan. Hy vermoed hy weet presies hoe om Amerika op hul plek te sit, terwyl Cyril Ramaphosa meen ministers verdien…
21 Jan 55 min