Internasionale Moedertaaldag: Is Afrikaans Veilig in ’n Digitale Wêreld?

Loading player...
Môre word Internasionale Moedertaaldag wêreldwyd gevier – ’n inisiatief deur UNESCO om die waarde van moedertale te erken en taalkundige en kulturele diversiteit te bevorder. Die dag herdenk die studente van Bangladesj wat in 1952 hul lewens gegee het vir die reg op moedertaalonderrig – ’n geskiedenis wat ons herinner hoe kosbaar taal werklik is.

Vandag fokus ons op Afrikaans as moedertaal. Is dit veilig? Of verkeer dit onder toenemende druk? Ons ondersoek die mite dat moedertaalonderrig mense eentalig maak en bespreek hoe dit juis ’n stewige grondslag lê vir die aanleer van ander tale.

Met die 2026-tema wat die gebruik van tegnologie vir veeltalige onderrig beklemtoon, kyk ons ook na die rol van sosiale media, stromingsdienste en digitale platforms: Kan tegnologie nuwe lewe in Afrikaans blaas? En watter praktiese stappe kan gewone mense neem om die taal te beskerm en lewenskragtig uit te bou?

’n Diepgaande gesprek oor taal, identiteit en die toekoms van Afrikaans in ’n vinnig-veranderende wêreld.
20 Feb 3AM Afrikaans South Africa Arts

Other recent episodes

THRESHHold Real MSM: Die natuur se antwoord op pyn en inflammasie

Jean-Louis gesels met Anette Rheeder oor THRESHHold Real MSM en hoe dit kan help met pyn en inflammasie. Hulle bespreek die voordele van THRESHHold Real MSM, wat beskikbaar is in beide tablet- en jelvorm. THRESHHold Real MSM-tablette en -jel is by jou naaste apteek beskikbaar. Vir enige navrae, kontak Sanatural…
19 Aug 4AM 7 min

Diere Maniere met Dr. Theuns Laubscher - 17 Augustus 2026

Elmero Strauss gesels met Dr. Theuns Laubscher oor alles wat met diere te doen het in hierdie insiggewende en boeiende program. Skakel elke Maandag om 16:45 in vir gesprekke oor troeteldiere en wild, met fokus op gedrag, sorg, praktiese wenke en fassinerende feite wat elke diereliefhebber sal waardeer.
18 Aug 3AM 2 min

ThreshHold: Verlig Pyn en Kry Jou Beweging Terug

Jean-Louis gesels met Estie Schreiber oor ThreshHold en hoe dié natuurlike tablette en jel mense kan help wat met knie-, nek-, heup- of enkelpyn sukkel. Luister ook na Wietse se inspirerende verhaal en ontdek hoe ThreshHold hom gehelp het om weer met meer gemak te beweeg. ThreshHold is by apteke…
5 Aug 4AM 12 min

Gerhard Fourie deel sy reis van gasvryheid na Voice of Namibia 2026

Op Maak Spore gesels Elmero Strauss met Gerhard Fourie oor sy inspirerende lewensreis – van die gasvryheidsbedryf tot op die verhoog van Voice of Namibia 2026. Hy vertel meer oor sy passie vir mense, sy liefde vir musiek en die ervarings wat hom gevorm het.
4 Aug 7AM 7 min