Van SONA tot SAAI: Die werklikheid van Bek-en-Klouseer

Loading player...
Hierdie week se KLETS begin by die groot verhoog: SONA 2026. Die rooi tapyt, die applous, die beloftes. Maar wat bly oor, ná al die woorde?

Dan skuif ons van die Parlement se blink ligte na die stofpaaie van die platteland. Ons gesels met Dr Theo de Jager van SAAI, die Suider-Afrika Agri Inisiatief, oor Bek-en-Klouseer in Suid-Afrika. Waar het die pap op die grond geval? En belangriker: hoe gaan dit regtig met die boeregemeenskap? Is daar hoop vir produsente, of gaan die impak ons almal nog lank tref by die kasregister?

Dis ’n gesprek oor verantwoordelikheid, realiteit en die mense wat elke dag moet opstaan en aanhou, selfs wanneer beleid en beheer hulle faal.

Indien jy ’n boer is wat ondersteuning of raad benodig, of net wil weet hoe jy betrokke kan raak, kontak SAAI direk:

WhatsApp: 066 071 6094
Webblad: https://saai.org/
E-pos: navrae@saai.org

Maar dis nie net krisisse en kommissies nie. Ons skink ook ’n glasie. Wat is die beste waarde-vir-geld wyne tussen R100 en R200? Want as die ekonomie druk, moet jou wyn ten minste nie teleurstel nie.

En dan, vir nagereg: hoe daai totsiens sê jou van kosbare tyd per jaar beroof. Ons ontleed die kuns van die Suid-Afrikaanse “ek gaan nou” wat nooit nou is nie.

Dis die parlement en plaashek. Wyn en wagtyd. Dis Suid-Afrika soos hy nou is.
Dis KLETS.
18 Feb Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Waaksaam, Welvarend en Windgat

Die vrees is nie meer 'n gevoel nie, dis 'n gewoonte. Die sleutels tussen jou vingers by die kar. Die "live pin" wat jy los voor jy huis toe ry. Elke vrou in jou lewe: jou Ma, jou suster, jou vriendin, jou biervrou, dra hierdie waaksaamheid soos 'n tweede vel,…
23 Sep 58 min

Wie's in Die Village en Wie's Net Kwaad?

Dit vat 'n village, sê hulle. Maar niemand sê ooit hoeveel van daai village eintlik idiote is nie. 𝗞𝘆𝗸 𝗱𝗶𝗲 𝗲𝗽𝗶𝘀𝗼𝗱𝗲 𝗵𝗶𝗲𝗿 - https://afrikaans.radio/klets/wies-in-die-village-en-wies-net-kwaad/ En intussen loop African Time al hoe vinniger uit: dis nie meer die grap oor laat kom by 'n braai nie, dis nou lewens wat betaal…
16 Sep 52 min

Wie Kyk na Jou Geld Terwyl Jy Rugby Kyk?

Colene het Bokkoors. Nie 'n verkoue nie, net groen en goud in die are. Maar terwyl ons almal die rugby volg, volg iemand anders jou bankbalans. 𝗞𝘆𝗸 𝗱𝗶𝗲 𝗲𝗽𝗶𝘀𝗼𝗱𝗲 𝗵𝗶𝗲𝗿 - https://afrikaans.radio/klets/ep-258-wie-kyk-na-jou-geld-terwyl-jy-rugby-kyk/ Is jou geld werklik veilig in jou bank? Of in Cyril se bank? Ons kyk na die toename…
9 Sep 59 min

Wag, Wat? Kanada Verloor Die Speletjie

Kyk hier: https://afrikaans.radio/klets/ep-257-wag-wat-kanada-verloor-die-speletjie/ Dis September, uiteindelik! Die vroue van Suid-Afrika kry ’n oomblik om asem te skep. Net jammer niemand het vir die ANC gesê nie, want etlike dae voor die verkiesing is rus glad nie op hulle kalender nie. Oor die Atlantiese Oseaan speel Trump en Kanada intussen ’n…
2 Sep 56 min

Lê Stil Sannie, Vir Volk en Vaderland

Die syfers lieg nie, maar die politici probeer darem hard. Voormalige minister van onderwys spoel haar ideologiese mond uit, en die vraag bly: wie luister nog? Intussen raak Johannesburg se skuldlas groter as die slaggate wat dit veroorsaak, en die nuwe bewind gaan 'n rekening erf wat niemand wil of…
26 Aug 1 hr 02 min