Groot eer vir LPM se Ndala

Loading player...
Die LPM se nasionale jeugleier, Duminga Ndala, is aangestel as voorsitter van die Jong Vroue van Afrika-organisasie. Ndala sal beleide en inisiatiewe bepleit wat jong vroue regoor Afrika sal bevoordeel. Die organisasie is 'n kontinentale beweging wat in 2021 gestig is en jong vroue van 16 tot 40 jaar oud in 39 lande verenig om mekaar te bemagtig, te inspireer en te ondersteun. Kosmos 94.1 Nuus het met Ndala gesels.
6 Feb 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Tom Kim vat Skotse Ope

Tom Kim van Suid-Korea het sy eerste PGA Toer-titel in drie jaar opgeraap toe hy die Skotse Ope by die Renaissance-klub gewen het. Die 24-jarige Kim het ʼn oorwinning van twee houe oor die Australiër, Min Woo Lee, behaal om sy vierde PGA Toer-titel te buit. Die Skot, Robert MacIntyre,…
13 Jul 3AM 1 min

Uitdagings met regstellingsplan vir visserye duur voort

Uitdagings met die regering se regstellingsplan vir visserye duur voort. Walu Fishing se besturende direkteur Erna Loch spreek kommer uit oor die Regeringsprogram vir Regstelling in Indiensneming vir vissermanne. Die ministerie het voorheen gesê dat hulle vir die huidige visvangseisoen geen ooreenkoms met Walu het nie. Volgens plaaslike berigte sê…
13 Jul 3AM 1 min

Linyanti brand, ministerie sê dit sukkel

Die omgewingsministerie sê alle beskikbare pogings word aangewend om 'n veldbrand te beheer wat sedert die naweek in die Linyanti-kiesafdeling naby die Botswana-grens woed. Die brand het reeds sowat 150 hektaar vernietig, insluitend beeskrale, terwyl kommer voortduur oor die moontlike impak op wild. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder…
13 Jul 1AM 1 min

SA-toerisme groei ten spyte van teenmigrasie-betogings

Die minister van Toerisme, Patricia de Lille, sê Suid-Afrika se toerismesektor bly groei ondanks voortdurende immigrasiebetogings. Sy sê die land het meer as 4,7-miljoen besoekers tussen Januarie en Mei verwelkom, 'n toename van 12,8-persent in vergelyking met dieselfde tydperk verlede jaar. Besoekersgetalle van die Afrika-kontinent het ook met ses-persent in…
13 Jul 1AM 1 min

DA vra ondersoek na versuim om kinderverkragtings te vervolg

Die DA doen 'n beroep op 'n nasionale ondersoek na die beweerde versuim deur regeringsdepartemente om kinderverkragtingsake aan te meld en te vervolg. Angel Khanyile van die DA sê bewyse wat by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie ingedien is, dui op swak nakoming van verpligte aanmeldingswette, swak ondersoeke en swak koördinering tussen…
13 Jul 12AM 1 min