Namibia Professional Padel League van stapel gestuur 

Loading player...
Die Namibia Professional Padel League is in die hoofstad by LIV Padel by die SKW bekendgestel. Die sportkode is een van die vinnigste groeiende kodes in die wêreld met vier persele in die hoofstad en twee by die kus. Harald Fuelle, ‘n verteenwoordiger van die liga, sê dit sal ‘n geleentheid bied om spelers se vaardighede oor ‘n periode van tyd waar te kan neem in plaas van die informele kompetisies wat tans plaasvind. 
6 Feb 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

LPM-rade 'verbind daartoe om nutsdienste-skuld te delg'

Na aanleiding van kommer oor die stygende bedrae wat aan NamWater en NamPower verskuldig is, veral in die Suide, sê die LPM dat plaaslike owerhede se groeiende skuld grootliks van vorige administrasies geërf is. Woordvoerder Lifalaza Simataa sê rade wat deur die LPM regeer word, het reeds terugbetalingsreëlings beding om…
21 May 10AM 1 min

Onnodige werkwinkels en reise 'is ook korrupsie'

Die direkteur-generaal van die Teenkorrupsiekommissie, Paulus Noa, het regeringsamptenare gewaarsku teen die deelname aan korrupte aktiwiteite, ongeag hoe gering dit mag voorkom. Noa het tydens voortgesette streekskonsultasies oor die Nasionale Teenkorrupsiestrategie en die Nasionale Etiek- en Teenkorrupsiebeleidsraamwerk in Rundu gesê korrupsie en die wanbestuur van openbare hulpbronne bly plaaslike gemeenskappe…
21 May 10AM 1 min

Betogings teen immigrante skep kommer in SA

Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê die vraagstuk van vreemdelingehaat en onwettige immigrasie moet beslissend hanteer word. Veldtogte van groepe wat teen onwettige immigrasie en misdaad gekant is, het die afgelope paar maande in felheid toegeneem. Verskeie politieke partye en burgerlike organisasies, soos March and March, het Woensdag…
21 May 9AM 1 min

Minder VSA-soldate in EU 'sal nie verdediging ontwrig'

NAVO se sekretaris-generaal, Mark Rutte, sê Amerika se vermindering van soldate in Europa sal georden wees en nie verdediging benadeel nie. Dit volg op die Amerikaanse president, Donald Trump, se jongste aanval op die alliansie, aangevuur deur kritiek van die Duitse kanselier, Friedrich Merz, oor die Amerikaans-Israelse oorlog in Iran…
21 May 9AM 1 min

NSA en Angola Statistiekinstituut span saam

Die Namibiese Statistiek-agentskap en die Nasionale Statistiekinstituut van Angola het 'n ooreenkoms onderteken na 'n werksbesoek. Woordvoerder van die Statistiek-agentskap, Mirjam Shihepo, sê die ooreenkoms is daarop gemik om idees uit te ruil op die gebied van bestuur, nasionale beplanning en die evaluering van openbare beleide, deur die produksie en…
21 May 8AM 1 min