Vance en Rubio sal moeilik geklop word in 2028: Trump

Loading player...
Die Amerikaanse president, Donald Trump, sê teenstanders sal nie maklik slaag teen 'n moontlike gesamentlike Republikeinse presidents-veldtog deur vise-president JD Vance en die minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, in 2028 nie. Nie een van hulle het nog aangedui of hulle verkiesbaar gaan wees nie. Rubio het in 2016 teen Trump verloor in die party se presidensiële benoeming. Trump wou teenoor NBC News nie enige opvolger ondersteun nie:
5 Feb 7AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Gesondheid se moratorium op studies skerp gekritiseer

Die IPC spreek kommer uit oor die gesondheidsministerie se besluit om 'n moratorium op studieverlof en verdere opleiding vir ingeskrewe verpleegkundiges in te stel. Die riglyn, wat op 16 Maart uitgereik is, is bedoel om personeeltekorte aan te pak wat verband hou met verpleegkundiges wat met studieverlof weg is terwyl…
28 Apr 11AM 1 min

Boesak kap korrupsie in staatsdiens

Die anti-apartheidsaktivis, Allan Boesak, sê misdaad, armoede, korrupsie en ongelykheid benadeel steeds baie Suid-Afrikaners. Hy het tydens die bekendstelling van die "Nuwe Vryheidsveldtog" in die St George-katedraal in Kaapstad, die groeiende gaping tussen ryk en arm uitgelig en dit 'n morele krisis genoem. Boesak kritiseer beweerde korrupsie onder openbare amptenare…
28 Apr 11AM 1 min

Napso Privaatskole sportnaweek skop môre af

Die Securitas Napso Privaatskole sportnaweek gaan van môre tot 2 Mei in Swakopmund plaasvind. Pro-Ed is die gasheer vir vanjaar se byeenkoms en het maande lank gewerk om die sportgronde reg te kry vir die naweek. Kosmos 94.1 Nuus het met Johan Fourie, die uitvoerende hoof van Napso gepraat.
28 Apr 10AM 1 min

Rehoboth Baster-gemeenskap het baie om te vier

Nadat die Rehoboth Baster-gemeenskap uiteindelik op 25 April hulle kaptein ingehuldig het, is die groep ook as 'n tradisionele owerheid erken. Die gemeenskap berei nou voor vir die volgende groot geleentheid, Sam Khubis, wat op 8 Mei herdenk word. Pastoor Leonard Pienaar, wat ook op die volksraad aangestel is, het…
28 Apr 10AM 1 min