Inenting teen polio begin môre

Loading player...
Die gesondheidministerie is geskeduleer om 'n landwye polio-inentingsveldtog te loods wat op kinders onder 10 gemik is. Die landwye veldtog sal van môre tot Donderdag plaasvind, gevolg deur nog 'n ronde van 24 tot 27 Februarie. In Desember het Namibië sy eerste veldtog in die Kavango-Oos- en Kavango-Wes-streke uitgevoer, na die opsporing van sirkulerende poliovirus tipe 2 in November 2025. Kosmos 94.1 Nuus het met Walters Kamaya, die woordvoerder van die lynministerie gepraat.
25 Jan 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

O&L heet nou OL, onder nuwe handelsmerk

O&L het 'n nuwe blaadjie omgeslaan en 'n handelsmerkverandering ondergaan na OL. Die grootste Namibiese privaatsektor maatskappy poog nou om 'n bedryfswins van 2,5 miljard Namibiese dollar teen 2029 te maak. Die maatskappy se nuwe slagspreuk lees "One OL. One Persona. One Future.” OL sal die nuwe identiteit oor die…
21 May 11AM 1 min

Kaapstad parkeerterrein word bekostigbare behuising, winkels

Die Stad Kaapstad se burgemeesterskomitee het planne goedgekeur dat ʼn munisipale parkeerterrein by die Burgersentrum in die middestad vir bekostigbare behuising en gemengde gebruik ontwikkel word. Die terrein word tans gebruik as opelug-parkeergebied vir personeel. Burgemeester Geordin Hill-Lewis sê die terrein is strategies geleë in die Strandgebied en naby groot…
21 May 11AM 1 min

As jy wil dien, kyk uit vir NamPol-werwings

Vrydag gradueer 1 380 nuwe rekrute van Namibiese polisie. NamPol-woordvoerder, adjunk-kommissaris Kauna Shikwambi, sê die geleentheid, wat by die Oshakati Onafhanklikheidstadion plaasvind, vorm deel van die regering se pogings om polisiesigbaarheid en -teenwoordigheid binne plaaslike gemeenskappe te versterk. Sy moedig Namibiërs aan om gereeld uit te kyk vir polisie-werwingsaankondigings en…
21 May 10AM 1 min

LPM-rade 'verbind daartoe om nutsdienste-skuld te delg'

Na aanleiding van kommer oor die stygende bedrae wat aan NamWater en NamPower verskuldig is, veral in die Suide, sê die LPM dat plaaslike owerhede se groeiende skuld grootliks van vorige administrasies geërf is. Woordvoerder Lifalaza Simataa sê rade wat deur die LPM regeer word, het reeds terugbetalingsreëlings beding om…
21 May 10AM 1 min