
Ramaphosa beloof bystand na oorstromings
Loading player...
President Cyril Ramaphosa sê die nasionale regering sal die vloedgeteisterde Mpumalanga op elke moontlike manier bystaan. Hy het gister die Nkomazi-munisipaliteit besoek om die omvang van die skade wat deur die oorstromings veroorsaak is en die regering se reaksie daarop te bepaal. Die Nasionale Rampbestuursentrum het na die gure weer wat Limpopo, Mpumalanga, Noordwes, KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap geteister het, amptelik 'n nasionale ramp verklaar. Ramaphosa het 'n allesomvattende benadering tot weerverwante rampe belowe:

