
Toep vir gebaretaal het nie veel gehelp nie
Loading player...
Namibië het vordering gemaak met toegang tot gebaretaal, maar vir die dowe gemeenskap duur uitdagings voort. Die uitvoerende direkteur van die Namibiese Nasionale Vereniging van Dowes, Paul Nanyeni, sê ondanks innovasies soos die Namibiese Gebaretaal-toep in skole, staar die land steeds 'n kritieke tekort aan gekwalifiseerde tolke in die gesig en geen wettige erkenning van gebaretaal nie. Nanyeni sê sonder dringende beleidsaksie, permanente tolkposte en behoorlike opleiding, bly dowe Namibiërs uitgesluit van basiese openbare dienste. Sy tolk Luisa Massango het met Kosmos 94.1 gepraat:

