Napha bemark in VSA, Europa

Loading player...
Die Dallas Safari Club maak gereed vir sy 2025 Konvensie en Sport Expo, wat geskeduleer is om van 6 tot 8 Februarie in Atlanta, Georgia, plaas te vind. Hierdie vooraanstaande geleentheid sal bykans 900 uitstallers van reg oor die wêreld huisves. Namibië sal 'n sterk teenwoordigheid by die konvensie hê, met vele jagplaaseienaars, professionele jagters en taksidermiste wat die skou bywoon. Hannes du Plessis, president van die Namibiese Professionele Jagtersvereniging, Napha, het in gesprek met Kosmos 94.1 Nuus meer inligting gegee oor opkomende geleenthede.
19 Jan 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Afrika moet ook datasentrums bou

In die buurland het Cassava Technologies se uitvoerende hoof in Suid-Afrika en Botswana, Ziaad Suleman, tydens 'n Bowmans-seminaar gevra vir meer datasentrums in Afrika, omdat die vasteland steeds afhanklik is van buitelandse infrastruktuur. Suleman sê die datasentrum-mark kan groei van 57,9-miljard Namibiese dollar in 2024 tot 115-miljard dollar in 2030…
21 May 11PM 1 min

Kommer oor VSA inval in Kuba na vliegdekskip aankom

Internasionaal en kommer oor Amerikaanse militêre optrede in Kuba neem toe na die aankoms van die vliegdekskip USS Nimitz en sy groep aanvalskepe Woensdag in die Karibiese See. Washington het dieselfde dag verskeie klagte, insluitend vier van moord, teen voormalige Kubaanse leier Raúl Castro en vyf ander gebring. President Trump…
21 May 11PM 1 min

O&L heet nou OL, onder nuwe handelsmerk

O&L het 'n nuwe blaadjie omgeslaan en 'n handelsmerkverandering ondergaan na OL. Die grootste Namibiese privaatsektor maatskappy poog nou om 'n bedryfswins van 2,5 miljard Namibiese dollar teen 2029 te maak. Die maatskappy se nuwe slagspreuk lees "One OL. One Persona. One Future.” OL sal die nuwe identiteit oor die…
21 May 11AM 1 min

Kaapstad parkeerterrein word bekostigbare behuising, winkels

Die Stad Kaapstad se burgemeesterskomitee het planne goedgekeur dat ʼn munisipale parkeerterrein by die Burgersentrum in die middestad vir bekostigbare behuising en gemengde gebruik ontwikkel word. Die terrein word tans gebruik as opelug-parkeergebied vir personeel. Burgemeester Geordin Hill-Lewis sê die terrein is strategies geleë in die Strandgebied en naby groot…
21 May 11AM 1 min