
Leeubene, landbou en omgewingsake... kenner reageer
Loading player...
Reaksie word ontvang op die herrie wat los is in Suid-Afrika met die bedanking van Dion George uit die DA en aantygings dat landbouminister John Steenhuisen hom met Willie Aucamp vervang het om die geblikte jagbedryf en handel in leeubeendere te bevorder. Die MK-party vra ook die Valke moet bewerings van korrupsie en onetiese gedrag rakende die kommersiële handel in leeubeendere sowel as Steenhuisen en Aucamp, ondersoek. Kosmos 94.1 Nuus het met politieke ontleder professor Andre Duvenhage gepraat.

