KI en verantwoordelike gebruik, genoegsame wetgewing onder die loep

Loading player...
Die adjunkspeaker van die Nasionale Vergadering, Phillipus Katamelo, het die behoefte aan verantwoordbaarheid in die gebruik van kunsmatige intelligensie beklemtoon. Katamelo het tydens die 28ste Konferensie van Speakers en Voorsittende Beamptes van die Statebond in Nieu-Delhi, Indië, gesê stelsels kan nie funksioneer sonder behoorlike voorsorgmaatreëls nie. Hy sê dat terwyl parlemente nasionale wette oor KI ontwikkel, tegnologie wêreldwyd van aard is en nie doeltreffend in isolasie gereguleer kan word nie.
19 Jan 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Bloedoortappingsdiens maak nie wins nie

Frieda Vatileni-Asino, skakelbeampte van die Namibiese Bloedoortappingsdiens, het bewerings dat die organisasie wins maak uit bloed, van die hand gewys. Sy sê pasiënte betaal net om die koste van die insameling, toetsing, verwerking en veilige aflewering van bloed aan diegene in nood te dek. Dit kom na bewerings dat die…
19 Jan 2AM 1 min

Kommentaar vir dobbelbelasting uitgestel, RISE verwelkom stap

RISE Mzansi het die Nasionale Tesourie se besluit verwelkom om sperdatum vir openbare kommentaar oor die voorgestelde aanlyn dobbelbelasting van 30 Januarie tot 27 Februarie 2026 te verleng. Die party doen 'n beroep op Suid-Afrikaners om kommentaar te lewer op die hervormings wat bedoel is om die dobbelbedryf se impak…
19 Jan 2AM 1 min

Soektog vir burgemeesterskomiteelid duur voort in Mosambiek

Die soek- en reddingspogings na Ekurhuleni se burgemeesterskomiteelid vir Paaie en Vervoer, Andile Mngwevu, en drie ander in Mosambiek is verskerp. Dit volg nadat die voertuig waarin hulle gereis het, Saterdag deur vloedwater in die Chokwé-gebied meegesleur is. Vyf mense was oorspronklik in die voertuig, maar een het daarin geslaag…
19 Jan 2AM 1 min

Eskom kan nie aan SA se groeiende eise voldoen nie - Mbeki

Oudpresident Thabo Mbeki sê Eskom kan nie aan Suid-Afrika se groeiende ekonomiese en tegnologiese eise voldoen nie. Mbeki waarsku ontwikkelings soos kunsmatige intelligensie en datasentrums vereis groot hoeveelhede elektrisiteit. Hy sê Eskom se opwekkingskapasiteit kan vinnig uitgebrei word, maar interne struikelblokke keer optrede. Hy sê ook ʼn nasionale dialoog is…
19 Jan 1AM 1 min

Motsepe stel Afrika-Nasiesliga bekend

Die president van die Konfederasie van Afrikasokker, Patrice Motsepe, het amptelik die nuwe Afrika-Nasiesliga bekendgestel, met 54 deelnemende lande. Die toernooi, wat in een land aangebied sal word tussen FIFA-toernooie, sal sone-kompetisies insluit met wenners wat sal deurdring na die eindstryd. Motsepe het onderneem om skeidregters te verbeter en respek…
19 Jan 1AM 1 min