
Soektog vir burgemeesterskomiteelid duur voort in Mosambiek
Loading player...
Die soek- en reddingspogings na Ekurhuleni se burgemeesterskomiteelid vir Paaie en Vervoer, Andile Mngwevu, en drie ander in Mosambiek is verskerp. Dit volg nadat die voertuig waarin hulle gereis het, Saterdag deur vloedwater in die Chokwé-gebied meegesleur is. Vyf mense was oorspronklik in die voertuig, maar een het daarin geslaag om te ontsnap. Ekurhuleni se woordvoerder, Phakamile Mbengashe, sê die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag help met die soektog:

