Eskom kan nie aan SA se groeiende eise voldoen nie - Mbeki

Loading player...
Oudpresident Thabo Mbeki sê Eskom kan nie aan Suid-Afrika se groeiende ekonomiese en tegnologiese eise voldoen nie. Mbeki waarsku ontwikkelings soos kunsmatige intelligensie en datasentrums vereis groot hoeveelhede elektrisiteit. Hy sê Eskom se opwekkingskapasiteit kan vinnig uitgebrei word, maar interne struikelblokke keer optrede. Hy sê ook ʼn nasionale dialoog is noodsaaklik om die land se toekoms te beskerm:
19 Jan 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

KI en verantwoordelike gebruik, genoegsame wetgewing onder die loep

Die adjunkspeaker van die Nasionale Vergadering, Phillipus Katamelo, het die behoefte aan verantwoordbaarheid in die gebruik van kunsmatige intelligensie beklemtoon. Katamelo het tydens die 28ste Konferensie van Speakers en Voorsittende Beamptes van die Statebond in Nieu-Delhi, Indië, gesê stelsels kan nie funksioneer sonder behoorlike voorsorgmaatreëls nie. Hy sê dat terwyl…
19 Jan 2AM 1 min

Soektog vir burgemeesterskomiteelid duur voort in Mosambiek

Die soek- en reddingspogings na Ekurhuleni se burgemeesterskomiteelid vir Paaie en Vervoer, Andile Mngwevu, en drie ander in Mosambiek is verskerp. Dit volg nadat die voertuig waarin hulle gereis het, Saterdag deur vloedwater in die Chokwé-gebied meegesleur is. Vyf mense was oorspronklik in die voertuig, maar een het daarin geslaag…
19 Jan 2AM 1 min

Motsepe stel Afrika-Nasiesliga bekend

Die president van die Konfederasie van Afrikasokker, Patrice Motsepe, het amptelik die nuwe Afrika-Nasiesliga bekendgestel, met 54 deelnemende lande. Die toernooi, wat in een land aangebied sal word tussen FIFA-toernooie, sal sone-kompetisies insluit met wenners wat sal deurdring na die eindstryd. Motsepe het onderneem om skeidregters te verbeter en respek…
19 Jan 1AM 1 min

Carney sê Groenland se toekoms behoort nie aan Trump nie

Die Kanadese premier Mark Carney sê sy land sal altyd die soewereiniteit en gebiedsintegriteit van lande, insluitend Groenland, ondersteun. President Donald Trump het herhaaldelik daarop aangedring dat Amerika Groenland moet verkry vir nasionale veiligheid en om te verhoed dat Rusland of China beheer kry. Hy het ook gedreig om nuwe…
19 Jan 12AM 1 min

SALGA vra dringende optrede om rampbestuur te versterk

Die Suid-Afrikaanse Vereniging van Plaaslike Regerings, SALGA, vra versnelde nasionale optrede om munisipaliteite te ondersteun wat toenemend klimaat-verwante rampe beleef. Onlangse oorstromings, storms en veldbrande het eiendomme en mense se lewensbestaan vernietig, en meer as 30 lewens geëis. Die voorsitter van SALGA se werksgroep vir nooddienste en rampbestuur, Mluleki Nkosi,…
19 Jan 12AM 1 min