
Riglyne rakende sandmynbedrywighede skiet kort
Loading player...
Die IPC sê die regering se optrede teen onwettige sand- en gruisontginning het heeltemal te laat gekom. Die skaduminister van omgewingsake, Rodrick Likando, sê die regering se verklaring wat 'n einde maak aan onwettige ontginning, bevestig net waarmee gemeenskappe jare lank saamleef, naamlik dat onwettige ontginning buite beheer is en dat die afdwinging swak is. Likando het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die riglyne kortskiet.

