Fourway-informele handelaars kry tydelike markplek

Loading player...
Die Stad Windhoek verwag om teen die einde van hierdie maand 'n tydelike markplek vir die informele handelaars langs die Eneas Peter Nanyemba-pad by Havana Fourway in Katutura te voltooi. Kontrakteurs wat die pad opgradeer, sê dat hulle uitdagings ondervind wat hul werk vertraag, aangesien handelaars hul werk vertraag deur daagliks vullis langs die pad te los. Kosmos 94.1 Nuus het met die munisipaliteit se woordvoerder, Harold Akwenye, gesels vir 'n opdatering:
16 Jan 7AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Afrika moet ook datasentrums bou

In die buurland het Cassava Technologies se uitvoerende hoof in Suid-Afrika en Botswana, Ziaad Suleman, tydens 'n Bowmans-seminaar gevra vir meer datasentrums in Afrika, omdat die vasteland steeds afhanklik is van buitelandse infrastruktuur. Suleman sê die datasentrum-mark kan groei van 57,9-miljard Namibiese dollar in 2024 tot 115-miljard dollar in 2030…
21 May 11PM 1 min

Kommer oor VSA inval in Kuba na vliegdekskip aankom

Internasionaal en kommer oor Amerikaanse militêre optrede in Kuba neem toe na die aankoms van die vliegdekskip USS Nimitz en sy groep aanvalskepe Woensdag in die Karibiese See. Washington het dieselfde dag verskeie klagte, insluitend vier van moord, teen voormalige Kubaanse leier Raúl Castro en vyf ander gebring. President Trump…
21 May 11PM 1 min

O&L heet nou OL, onder nuwe handelsmerk

O&L het 'n nuwe blaadjie omgeslaan en 'n handelsmerkverandering ondergaan na OL. Die grootste Namibiese privaatsektor maatskappy poog nou om 'n bedryfswins van 2,5 miljard Namibiese dollar teen 2029 te maak. Die maatskappy se nuwe slagspreuk lees "One OL. One Persona. One Future.” OL sal die nuwe identiteit oor die…
21 May 11AM 1 min

Kaapstad parkeerterrein word bekostigbare behuising, winkels

Die Stad Kaapstad se burgemeesterskomitee het planne goedgekeur dat ʼn munisipale parkeerterrein by die Burgersentrum in die middestad vir bekostigbare behuising en gemengde gebruik ontwikkel word. Die terrein word tans gebruik as opelug-parkeergebied vir personeel. Burgemeester Geordin Hill-Lewis sê die terrein is strategies geleë in die Strandgebied en naby groot…
21 May 11AM 1 min