Wiele2Wiele ry Toyota Hilux Legend 55

Loading player...
Terwyl Toyota Hilux’e oor die duine van Saoedi-Arabië vlieg by die Dakar-veldtydren, bring die span van Wiele2Wiele tyd deur met die Toyota Hilux Legend 55 en vertel jou alles oor hierdie legende.
Met die uitmergelende Dakar-ren wat tans aan die gang is, verduidelik Toyota Gazoo Racing SA se Guy Botterill en Saood Variawa hoe hulle voorberei vir die enorme sandduine en vir Dakar-navigasie. Die Southern Africa Dakar Group gaan ook vir jou vertel hoe jy nog hierdie week Motul-pryse kan wen.
Vir die tegniese wenk van die week vra hulle die vraag of 2026 die jaar van elektriese bakkies gaan wees en hulle bring vir jou die jongste motorfietsnuus, insluitend alles oor die FIM World Supercross Championship.
15 Jan Afrikaans South Africa Automotive

Other recent episodes

Wiele2Wiele: Monster Jeep onder loep

Hierdie week vir Wiele2Wiele stel JMC sy Grand Avenue-bakkie bekend, terwyl Hyundai se Creta en Staria opgeknikker is. Hulle vertel jou van ’n monster – die Jeep Gladiator Maximus 6x6, wat behoorlik die koppe laat draai! Hulle deel ook die nuus dat Brad Binder vanaf 2027 in die Wêreld Supermotorfiets-kampioenskap…
17 Sep 25 min

Wiele2Wiele: Tata stel sy Osprey bekend

In hierdie week se episode van Wiele2Wiele stel Tata sy nuwe Osprey bekend, hulle bring tyd met Toyota se RAV4 GR-Sport model deur en die #SaferCarsforAfrica Global NCAP-botstoetsresultate word bekendgemaak. Hulle gesels ook oor die internasionale EICMA-motorfietsskou wat in November plaasvind.
14 Sep 24 min

Wiele2Wiele ry Changan Deepal S07

In hierdie week se episode van Wiele2Wiele gaan hulle vir ’n toetsrit met die Changan Deepal S07 en op ’n visvang-avontuur met die Kia Tasman-bakkie.
30 Aug 26 min

Wiele2Wiele: Alles oor nuwe Duster

Hierdie week op Wiele2Wiele gesels hulle oor die nuwe Renault Duster, met ’n nuwe enjin wat tot die reeks toegevoeg is én ’n prys wat jou behoorlik gaan laat regop sit. Hulle gaan ry ook met die spesiale Defender 110 Trophy en die GR Corolla met ’n anime-tema. Vir die…
21 Aug 26 min