
Namcor borgtog-appèl uitgestel na Februarie
Loading player...
Regters Eileen Rakow en Philanda Christiaan het die appèl van Namcor beskuldigdes, Peter en Malakia Elindi, Leo Nandago, Immanuel Mulunga, Olivia Dunaiski en Jennifer Hamukwaya tot 12 Februarie uitgestel. Die groep appelleer teen die weiering van borg op 26 September in die Windhoek-laerhof. Die inligting is volgens die hof te veel om na te gaan. Die staatsadvokaat, Lilungwe Basson, het ook gesê die staat is nie reg om voort te gaan nie. Regter Philanda Christiaan het die partye gemaan om hulle argumente te beperk.

