
Moenie minimumloon verhoog, werkverliese kan volg: TLU SA
Loading player...
Die landbouliggaam TLU SA sê verdere verhogings in Suid-Afrika se minimumloon kan werkverliese en armoede vererger, en meganisering vertraag, veral in die landbou- en kleinsake-sektor. Woordvoerder Bennie van Zyl sê stygende arbeidskoste te midde van swak ekonomiese groei, hoë werkloosheid en stygende insetkoste bedreig volhoubare indiensneming. Hy vra loonbepalings wat markkragte, sektorverskille en alternatiewe staatsondersteuning in ag neem om werksgeleenthede en ekonomiese groei te beskerm:

