Venezolaanse ambassadeur in Windhoek praat oor Maduro

Loading player...
Die Venezolaanse ambassadeur Magaly Henriquez het veroordeel wat sy beskryf het as 'n militêre aanval deur imperiale magte teen Venezuela. In 'n onderhoud met die media by die ambassade in Windhoek het sy gesê die land het jare van buitelandse druk en inmenging verduur, wat volgens haar internasionale reg en Venezuela se soewereiniteit geskend het. Henriquez het ook die Verenigde State veroordeel vir die ontvoering van president Nicolás Maduro en sy vrou Cilia Flores.
14 Jan 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Verlengde aansoeke vir studies by Unam nou oop

Verlengde aansoeke vir voorgraadse en nagraadse studies aan Unam in 2026 is oop tot 28 Januarie vir beide plaaslike en internasionale studente. Diegene wat aansoek gedoen het om aan Unam te studeer in die 2025-aansoeksiklus en nie toegelaat is nie, moet nie weer aansoek doen nie. Hulle moet hul finale…
14 Jan 9AM 1 min

Namibië en Rusland beplan groter ekonomiese samewerking

Namibië en Rusland hersien betrekkinge en bespreek verdere ekonomiese samewerking tussen die twee lande. Die minister van internasionale betrekkinge en handel, Selma Ashipala-Musavyi, is in Moskou op uitnodiging van die Russiese minister van buitelandse sake, Sergey Lavrov. Sy het gesê haar driedaagse besoek fokus op stappe om politieke dialoog te…
14 Jan 9AM 1 min

Agoa-hernuwing sal nie veel verskil aan Namibië maak nie

Reaksie word ontvang na die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers toestemming verleen het dat Agoa, met drie jaar, tot Desember 2028, verleng word. Die ooreenkoms wat voorsiening maak dat die vasteland goedere belastingvry na Amerika uitvoer, het einde September verstryk. Dit sluit in terugbetaling van belasting sedert September verlede jaar. Namibië…
14 Jan 9AM 1 min

NamPost sat van toelaag-begunstigdes wat nie by datums hou nie

Lang lyne is by verskeie poskantore aangeteken gedurende die Januarie-uitbetalingstydperk vir maatskaplike toelaes. Meer as 37 000 begunstigdes het hul toelaes op die eerste dag alleen afgehaal, wat die verwagte 28 000 ver oorskry het. NamPost sê dit is veroorsaak deur begunstigdes wat hul betalings buite die geskeduleerde datums kom…
14 Jan 9AM 1 min

Namcor borgtog-appèl uitgestel na Februarie

Regters Eileen Rakow en Philanda Christiaan het die appèl van Namcor beskuldigdes, Peter en Malakia Elindi, Leo Nandago, Immanuel Mulunga, Olivia Dunaiski en Jennifer Hamukwaya tot 12 Februarie uitgestel. Die groep appelleer teen die weiering van borg op 26 September in die Windhoek-laerhof. Die inligting is volgens die hof te…
14 Jan 8AM 1 min