
Akkerbouraad se boeke is gesond
Loading player...
Die Namibiese Akkerbouraad het 'n surplus van 152,3 miljoen Namibiese dollar vir die boekjaar geëindig 31 Maart 2025 aangeteken, teenoor 107,6 miljoen dollar in die vorige boekjaar. Die raad sê die prestasie is gedryf deur hoër heffingsinkomste, sterk beleggingsopbrengste en voortgesette kostebeheer regdeur die organisasie. Totale inkomste vir die jaar het 262,9 miljoen dollar beloop, 'n toename van 45 persent teenoor 181 miljoen dollar inkomste in die vorige boekjaar. Kosmos 94.1 Nuus het met Liseli Mwilima, die Akkerbouraad se woordvoerder gepraat oor hoe hulle die surplus aanwend.

