
Groot planne vir aanleg op Grootfontein
Loading player...
Grootfontein se nuwe dorpsraad beplan om 'n vervaardigingsaanleg vir baksteen en plaveisel op te rig. Die projek, wat volgende week tydens die raad se eerste vergadering ter tafel gelê sal word, sal na verwagting meer as 1 500 werksgeleenthede skep. Die voorsitter van die raad, Bennet Namaseb, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die inisiatief daarop gemik is om die dorp se werkloosheidskrisis aan te pak en infrastruktuurverbeterings te ondersteun, aangesien dieselfde blokke wat vervaardig word, gebruik sal word om die dorp se paaie en sypaadjies op te gradeer, huise te bou en tot munisipale inkomste by te dra.

