Namibië se landbousektor toon gemengde seine met 'n skerp styging in gewasproduksie, maar 'n merkbare daling in uitvoere. Die jongste Kwartaallikse Landbou- en Visserystatistiekbulletin toon dat akkerbou-uitset in die laaste kwartaal van 2025 tot meer as 22 000 ton gestyg het, teenoor net minder as 5 000 ton 'n jaar…
Die landbou-organisasie TLU SA sê die reuse-brandstofverhogings van 5 Suid-Afrikaanse rand vir petrol en 10-rand vir diesel wat op 1 April in werking tree, sal 'n groot uitwerking op die landbousektor hê. Bennie van Zyl van TLU SA sê Suid-Afrikaanse boere berei hulle oor die algemeen voor vir 'n groot…
Klimaatkundiges doen 'n beroep op verhoogde belegging in die land se klimaataanpassingsprojekte om groeiende uitdagings aan te spreek. By 'n klimaatfinansieringseminaar van die Bank van Namibië het die stigtersdirekteur van Triple Capital, Louise-Helen Brown, gesê Namibië dra min tot globale uitlatings by, maar dit bly een van die droogste en…
Die Departement van Korrektiewe Dienste het ʼn telefoniese onderhoud tussen eNCA en ʼn hoëprofiel-gevangene, Jermaine Prim by die Johannesburgse tronk veroordeel. Prim staan tereg op aanklagte van korrupsie en word met misdaadsindikate verbind. Die departement se woordvoerder, Singabakho Nxumalo, sê ʼn volskaalse ondersoek is aan die gang om vas te…
Die onlangse inhegtenisneming van 'n 36-jarige vrou wat haar pasgebore baba by 'n kerk in Omingwelume in die Ohangwena-streek gelos het, het ‘n debat ontketen oor wat 'n wetlik erkende veilige plek is om babas te los. In 2019 het die regering aangekondig dat moeders nie vervolg sou word as…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.