
Onwettige houtkappery word onderrapporteer
Loading player...
Reaksie word ontvang op nuus dat 46 Zambiese en 36 Namibiese burgers in Katima Mulilo gearresteer is vir die smokkel van hout in die land in. Katima Mulilo-polisiestasiebevelvoerder, Charles Mayumbelo, het kommer uitgespreek oor hoe sommige handelaars nie die wet nakom nie. Volgens bronne raak die kwessie meer kommerwekkend en is veel erger as wat gerapporteer word. Kosmos 94.1 Nuus het met Mark Paxton, eienaar van die Shamvura-kamp in die Kavango Oos-streek gesels.

