
Madlanga-kommissie hervat 26 Januarie
Loading player...
Die Madlanga-kommissie, wat misdaad, korrupsie en politieke inmenging in die strafregtelike stelsel ondersoek, hervat sy openbare verhore op 26 Januarie. Die kommissie het verlede maand sy tussentydse verslag aan president Cyril Ramaphosa oorhandig. Fase twee maak voorsiening vir reaksies op bewerings, terwyl die polisiekommissaris van KwaZulu-Natal, Nhlanhla Mkhwanazi en sy ondersteunende getuies tydens fase drie teruggeroep sal word. Jeremy Michaels van die kommissie sê talle getuies sal oor die volgende paar maande verskyn:

