
SA se matriek-slaagsyfer op 88%
Loading player...
Die 2025 Nasionale Senior Sertifikaat-slaagsyfer is 88-persent, 'n toename van 0,7-persent vanaf die 87,3-persent in 2024. Dit is die hoogste in die geskiedenis. Die provinsie wat die beste presteer het, is KwaZulu-Natal met 90,6-persent, gevolg deur die Vrystaat met 89,33-persent en Gauteng in die derde plek met 89,06-persent. Die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, sê meer as 900 000 kandidate het die eksamen geskryf, die grootste klas in die geskiedenis van die NSS-stelsel:

