Weerdiens reik vlak 6-waarskuwing uit vir noordelike en oostelike dele van Suid-Afrika

Loading player...
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê 'n laagdrukstelsel oor die suidelike dele van Mosambiek, sal na verwagting van vandag af weerstoestande oor die noordoostelike dele van Suid-Afrika aansienlik beïnvloed. 'n Vlak 6-weerwaarskuwing is uitgereik vir Mpumalanga, Limpopo en KwaZulu-Natal. Voorspeller Lehlohonolo Thobela sê die verwagte uitwerking van die stelsel sluit in oorstromings wat kan lei tot skade aan infrastruktuur en nedersettings, asook die gevaar van beserings en lewensverlies:
11 Jan 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Maak reg vir reën dié naweek

Dié naweek kan daar reën verwag word maar voorspellings verskil, met sommige wat dui op donderstorms en ander op matige reënval. Dit warm ook effe op. Kosmos 94.1 Nuus het met Albertina Anderson, weerkenner van die Namibiese Metereologiese Diens gepraat.
24 Apr 11AM 1 min

Gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit: EU

Die Europese Unie waarsku gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit, anders kan dit 'n swakker ooreenkoms wees as 2015 se omvattende aksieplan. Dit is goedgekeur deur die administrasie van die destydse Amerikaanse president, Barack Obama. Iran het ingestem om sy sensitiewe kernbedrywighede te beperk en internasionale inspekteurs toe te laat…
24 Apr 11AM 1 min

Min tyd om vir Napha se medaljeverkope-toekennings te kwalifiseer

Met slegs vier maande oor tot die einde van Augustus, raak die tyd om vir die Namibië Professionele Jagvereniging se trofee-medaljeverkope-toekennings te kwalifiseer min. Kristin Maritz van Napha het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat deelname aan trofeeverkope 'n primêre inkomstestroom vir die organisasie is, wat direk gemeenskapsgerigte inisiatiewe en…
24 Apr 11AM 1 min