Gemengde resultate vir veebedryf

Loading player...
Namibië se veebedryf het gemengde resultate in November 2025 getoon, met beesbemarking wat skerp met 31 persent jaar-op-jaar gedaal het tot net minder as 15 000 stuks, wat voortdurende aanbodbeperkings weerspieël. In teenstelling hiermee het skaapbemarking met 6 persent gestyg en bokbemarking met 28 persent, terwyl beesvleisuitvoere met 28 persent tot 1,47 miljoen kilogram toegeneem het, wat gehelp het om produsentepryse ferm te hou ten spyte van laer slagvolumes. Kosmos 94.1 Nuus het met die statistikus Dortea Nakandjibi van die Lewendehawe- en Lewendehaweprodukteraad gesels.
10 Jan 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Maak reg vir reën dié naweek

Dié naweek kan daar reën verwag word maar voorspellings verskil, met sommige wat dui op donderstorms en ander op matige reënval. Dit warm ook effe op. Kosmos 94.1 Nuus het met Albertina Anderson, weerkenner van die Namibiese Metereologiese Diens gepraat.
24 Apr 11AM 1 min

Gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit: EU

Die Europese Unie waarsku gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit, anders kan dit 'n swakker ooreenkoms wees as 2015 se omvattende aksieplan. Dit is goedgekeur deur die administrasie van die destydse Amerikaanse president, Barack Obama. Iran het ingestem om sy sensitiewe kernbedrywighede te beperk en internasionale inspekteurs toe te laat…
24 Apr 11AM 1 min

Min tyd om vir Napha se medaljeverkope-toekennings te kwalifiseer

Met slegs vier maande oor tot die einde van Augustus, raak die tyd om vir die Namibië Professionele Jagvereniging se trofee-medaljeverkope-toekennings te kwalifiseer min. Kristin Maritz van Napha het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat deelname aan trofeeverkope 'n primêre inkomstestroom vir die organisasie is, wat direk gemeenskapsgerigte inisiatiewe en…
24 Apr 11AM 1 min