Referendum-party veroordeel oefeninge met Iran, China en Rusland

Loading player...
Die Referendum-party veroordeel Suid-Afrika se besluit om gesamentlike vlootoefeninge met Iran en China in Simonstad aan te bied. Robert King van die party sê die skuif skend nie-belyning, ondermyn nasionale veiligheid en plaas druk op verhoudings met Westerse vennote. Hy voer aan dat die oefeninge die openbare mening van die Wes-Kaap ignoreer en die saak vir Kaapse Onafhanklikheid versterk, wat die provinsie sal toelaat om sy buitelandse beleid te beheer en ekonomiese en veiligheidsbelange te beskerm:
9 Jan 10PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Maak reg vir reën dié naweek

Dié naweek kan daar reën verwag word maar voorspellings verskil, met sommige wat dui op donderstorms en ander op matige reënval. Dit warm ook effe op. Kosmos 94.1 Nuus het met Albertina Anderson, weerkenner van die Namibiese Metereologiese Diens gepraat.
24 Apr 11AM 1 min

Gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit: EU

Die Europese Unie waarsku gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit, anders kan dit 'n swakker ooreenkoms wees as 2015 se omvattende aksieplan. Dit is goedgekeur deur die administrasie van die destydse Amerikaanse president, Barack Obama. Iran het ingestem om sy sensitiewe kernbedrywighede te beperk en internasionale inspekteurs toe te laat…
24 Apr 11AM 1 min

Min tyd om vir Napha se medaljeverkope-toekennings te kwalifiseer

Met slegs vier maande oor tot die einde van Augustus, raak die tyd om vir die Namibië Professionele Jagvereniging se trofee-medaljeverkope-toekennings te kwalifiseer min. Kristin Maritz van Napha het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat deelname aan trofeeverkope 'n primêre inkomstestroom vir die organisasie is, wat direk gemeenskapsgerigte inisiatiewe en…
24 Apr 11AM 1 min