Laer Meatco-beesverslagtings weerspieël markrealiteite: ekonoom

Loading player...
Die onafhanklike landbou-ekonoom dr. Kobus Laubscher sê Meatco se skerp daling in beesverslagting verlede jaar weerspieël die huidige markrealiteite, met goeie reën, siektedruk en prysverwagtinge wat boere aanspoor om diere terug te hou. Meatco het verlede jaar net meer as 41 000 beeste verwerk, wat sy teiken van 70 000 gemis het, en het sy 2026-voorspelling na 63 000 hersien. Laubscher het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê voortgesette kuddeherbou kan druk op slagsyfers plaas en hoër beesvleispryse op kort tot medium termyn ondersteun.
9 Jan 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Maak reg vir reën dié naweek

Dié naweek kan daar reën verwag word maar voorspellings verskil, met sommige wat dui op donderstorms en ander op matige reënval. Dit warm ook effe op. Kosmos 94.1 Nuus het met Albertina Anderson, weerkenner van die Namibiese Metereologiese Diens gepraat.
24 Apr 11AM 1 min

Gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit: EU

Die Europese Unie waarsku gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit, anders kan dit 'n swakker ooreenkoms wees as 2015 se omvattende aksieplan. Dit is goedgekeur deur die administrasie van die destydse Amerikaanse president, Barack Obama. Iran het ingestem om sy sensitiewe kernbedrywighede te beperk en internasionale inspekteurs toe te laat…
24 Apr 11AM 1 min

Min tyd om vir Napha se medaljeverkope-toekennings te kwalifiseer

Met slegs vier maande oor tot die einde van Augustus, raak die tyd om vir die Namibië Professionele Jagvereniging se trofee-medaljeverkope-toekennings te kwalifiseer min. Kristin Maritz van Napha het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat deelname aan trofeeverkope 'n primêre inkomstestroom vir die organisasie is, wat direk gemeenskapsgerigte inisiatiewe en…
24 Apr 11AM 1 min