NamPost kondig aanvullende uitbetaaldae aan

Loading player...
NamPost het aangekondig dat aanvullende in-tak uitbetalingsdatums by poskantore vir die kinderkontanttoelae vir vandag, 9 Desember en Saterdag, 10 Januarie ingestel is. Die normale in-tak sosiale kontanttoelaag-betalingskedule bly onveranderd. Ouderdoms- en ongeskiktheidstoelae word van 12 tot 14 Januarie uitbetaal, kinderkontanttoelae van 15 tot 17 Januarie en basiese inkomstetoelae van 18 tot 20 Januarie. Kosmos 94.1 Nuus het met Nampost se bamarkingbestuurder Gladwin Groenewald gepraat.
9 Jan 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Maak reg vir reën dié naweek

Dié naweek kan daar reën verwag word maar voorspellings verskil, met sommige wat dui op donderstorms en ander op matige reënval. Dit warm ook effe op. Kosmos 94.1 Nuus het met Albertina Anderson, weerkenner van die Namibiese Metereologiese Diens gepraat.
24 Apr 11AM 1 min

Gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit: EU

Die Europese Unie waarsku gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit, anders kan dit 'n swakker ooreenkoms wees as 2015 se omvattende aksieplan. Dit is goedgekeur deur die administrasie van die destydse Amerikaanse president, Barack Obama. Iran het ingestem om sy sensitiewe kernbedrywighede te beperk en internasionale inspekteurs toe te laat…
24 Apr 11AM 1 min

Min tyd om vir Napha se medaljeverkope-toekennings te kwalifiseer

Met slegs vier maande oor tot die einde van Augustus, raak die tyd om vir die Namibië Professionele Jagvereniging se trofee-medaljeverkope-toekennings te kwalifiseer min. Kristin Maritz van Napha het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat deelname aan trofeeverkope 'n primêre inkomstestroom vir die organisasie is, wat direk gemeenskapsgerigte inisiatiewe en…
24 Apr 11AM 1 min