Reaksie word steeds ontvang oor die regering se besluit om die brandstofprys in April te verhoog. Vanaf Woensdag sal Namibiërs 2 Namibiese dollar en 50 sent per liter ekstra vir petrol en 4 dollar per liter ekstra vir beide grade diesel betaal. Kosmos 94.1 Nuus het met landboukenner Wallie Roux…
Die Namibiese Kuberveiligheidsvoorvalreaksiespan doen 'n beroep op organisasies om belangrike kuberveiligheidspraktyke te prioritiseer, insluitend gereelde stelselopdaterings, implementering van multifaktor-verifikasie en gebruikersbewustheid. Dit kom nadat nog 'n groot kuberaanval, hierdie keer teen die Namibiese Lughawensmaatskappy, daartoe gelei het dat 'n gedeelte van die verkrygde data aanlyn gepubliseer is. Cran-woordvoerder Mufaro Nesongano:
Die Stad Kaapstad het die ongekwalifiseerde oudit van die ouditeur-generaal vir die 2024/25-boekjaar, verwelkom. Die stad se woordvoerder, Luthando Tyhalibongo, sê dit is die 20ste agtereenvolgende ongekwalifiseerde oudit wat die Stad sedert 2006 ontvang het. Hy sê dit bevestig dat Kaapstad die enigste metro in Suid-Afrika is wat op goeie…
Israeliese eerste minister Benjamin Netanyahu het 'n uitbreiding van sy inval in Suid-Libanon aangekondig en sê dat hy die weermag opdrag gegee het om die sogenaamde "buffersone" verder uit te brei. Hy het ook beloof om die veiligheidsituasie daar fundamenteel te verander. Hy sê die besluit is daarop gemik om…
Namibië se landbousektor toon gemengde seine met 'n skerp styging in gewasproduksie, maar 'n merkbare daling in uitvoere. Die jongste Kwartaallikse Landbou- en Visserystatistiekbulletin toon dat akkerbou-uitset in die laaste kwartaal van 2025 tot meer as 22 000 ton gestyg het, teenoor net minder as 5 000 ton 'n jaar…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.