
Inskrywings oop vir Mej. Namibië, Mej. Tiener
Loading player...
Inskrywings vir die Mej. Namibië en Mej. Tiener Namibië is oop en word met afwagting ingewag. Die Mej. Namibië 2026-kroon kom met ongelooflike belonings, wat insluit 'n splinternuwe huis, 'n luukse motor, kontantpryse en die eer om Namibië op die internasionale verhoog te verteenwoordig. Kosmos 94.1 Nuus het met Beaulah Boois-Beukes gepraat, die woordvoerder van die NBC, wat vroue aanmoedig om deel te neem.

