
VN-organisasies sal voortgaan met hulle mandaat, sonder VSA
Loading player...
Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, sê Amerika se besluit om aan internasionale organisasies te onttrek, is teleurstellend. Byna die helfte van die 66 organisasies het VN-bande. Dit sluit die Raamwerkkonvensie oor Klimaatsverandering en die Bevolkingsfonds in wat moeders en kinders se gesondheid ondersteun, en seksuele en geslagsgeweld bestry. Guterres se woordvoerder, Stéphane Dujarric, sê alle VN-instellings sal voortgaan met hul mandaat:

