Gevolge van VSA se optrede 'sal ook Namibië beïnvloed'

Loading player...
Die inhegtenisname van die Venezolaanse president Nicolas Maduro deur Amerikaanse spesiale magte bly aktueel en word beskryf as 'n voortsetting van Amerikaanse imperialisme wat nog altyd besonder sterk in Latyns-Amerika was. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus waarsku Herbert Jauch, die voorsitter van die Economic and Social Justice Trust, dat die eensydige optrede van die VSA lande in die Globale Suide, wat Namibië insluit, behoort te bekommer. Die situasie kan ook lei tot verhoogde militêre besteding ten koste van maatskaplike dienste.
8 Jan 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Onderwys: Waar gaan al die geld heen?

Die Nasionale Raad het tydens die voortgesette debat oor die toekenning van 28 miljard Namibiese dollar aan die onderwysministerie gevra vir groter belegging in die sektor. Raadslid Olivia Hanghuwo, wat die Eenhana-kiesafdeling verteenwoordig, sê alhoewel die ministerie die grootste deel van die 2026/27 nasionale begroting ontvang het, die onderwyssektor steeds…
14 May 5AM 1 min

Miljoene bottels wyn in Kaapse oorstromings verlore

Die oorstromings in die Robertson-vallei, veral met die Breede-rivier, reuse skade aangerig. Van Loveren-wyne se besturende direkteur Phillip Retief, sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat oorstromings 1,3 miljoen bottels wyn in hulle kelder vernietig het en, dat sommige sê dis die ergste oorstromings in meer as ‘n eeu.
14 May 5AM 1 min

Kinders en die internet - almal moet hand bysit

'n Toename in aanlyn-kindermisbruik word wêreldwyd en ook in Namibië aangemeld, in die vorm van aanlyn- en seksuele teistering gemik op minderjariges. Kinderpornografie het ook toegeneem, veral op die donkerweb. Daar is onlangs in Australië 'n internasionale sindikaat ontmasker met 700 beweerde oortreders wat opgespoor is. Kosmos 94.1 Nuus het…
14 May 4AM 1 min

Trump belowe vyfster-verhouding met China

President Xi Jinping sê China en Amerika moet vennote eerder as teenstanders wees. Hy en president Donald Trump het vandag in Beijing bilaterale gesprekke gevoer oor ekonomiese voordele, die handhawing van ʼn brose handelsooreenkoms en om kwessies soos die Iran-oorlog en wapenverkope aan Taiwan te bespreek. Trump het beloof dat…
14 May 4AM 1 min