
Khomas teken hoogste inflasie aan in Desember
Loading player...
Die inflasiekoers het in Desember 3,2 persent bereik, laer as November se 3,4 persent. Inflasie was 0,1 persent op 'n maandelikse basis, teenoor 0,0 persent die vorige maand. Teen 3,4 persent was kerninflasie marginaal hoër as die hoofkoers van 3,2 persent. Kosmos 94.1 Nuus het met Petronella Namushinga gepraat, die kommunikasie beampte by die Statistieke-agentskap, wat die sonale inflasiesyfers uiteensit.

