Ramaphosa het volle vertroue in Mothibi

Loading player...
President Cyril Ramaphosa sê advokaat Andy Mothibi sal die Nasionale Vervolgingsgesag deur sy oorgangstydperk lei. Die hoof van die Spesiale Ondersoekeenheid sal die aftredende nasionale direkteur van Openbare Vervolging, Shamila Batohi, vervang, wie se termyn hierdie maand eindig. Ramaphosa sê, ten spyte daarvan dat Mothibi aftree-ouderdom nader, het hy volle vertroue dat hy die NVG vorentoe sal neem:
8 Jan 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Cyril moet dieper kyk na Masemola-dagvaardiging

Activists and Citizens Forum sê president Cyril Ramaphosa en die waarnemende minister van Polisie, Feroz Chachalia, moet dieper ingaan op die sogenaamde dagvaarding teen die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola. Woordvoerder Dennis Bloem sê Masemola is gedagvaar om voor die hof te verskyn nadat die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie die inhegtenisneming aangekondig…
30 Mar 3AM 1 min

Agt miljoen woon No Kings-betogings in VSA by

Die organiseerders van die 'No Kings'-betogings Saterdag regoor die VSA en in talle ander lande sê meer as 8 miljoen mense het na raming daaraan deelgeneem. Betogers het protes aangeteken teen die president, Donald Trump, stygende lewenskoste, optrede teen immigrante en die oorlog in Iran. In Minnesota het betogers in…
30 Mar 3AM 1 min

Regering werk hard aan CITES beperkings

Die kwessie van Namibië se druk om ivoor te begin verhandel het die parlement bereik, met PDM-leier McHenry Venaani wat die regering uitdaag om 'n fermer standpunt in te neem teen die Konvensie oor Internasionale Handel in Bedreigde Spesies, CITES, rakende die voortdurende verbod op ivoor- en renosterhoringhandel. Hy hou…
30 Mar 2AM 1 min

Vorster vat sy eerste Sonskyntoer-titel

Martin Vorster van Suid-Afrika het die DNi-toerkampioenskap by die De Zalze-gholfklub in die Wes-Kaap gewen en sy eerste Sonskyntoer-titel opgeraap. Hy het klaargemaak met 66 om op 21 onder baansyfer te wen. Sy landgenote, Altin van der Merwe en Jaco Prinsloo, deel die tweede plek met 19 onder. Dit was…
30 Mar 2AM 1 min

Sinner behaal sy Sonskyn-dubbel

Die wêreld-nommer-twee, Jannik Sinner, het die Miami Ope gewen en die eerste keer in sy loopbaan ʼn Sonskyn-dubbel behaal. Dit beteken hy het in dieselfde jaar by Indian Wells en Miami koning gekraai. Die Italianer het die Tsjeg, Jiri Lehecka, verslaan en die eerste man geword wat ʼn Sonskyn-dubbel voltooi…
30 Mar 1AM 1 min