Dakar: Henk Lategan is boaan algemene ranglys

Loading player...
Henk Lategan van Suid-Afrika het die vierde skof van die Dakar-tydren gewen en is nou boaan die algemene ranglys. Lategan, wat verlede jaar algeheel tweede was, het die vyfde skof van sy loopbaan in sy Toyota Hilux gewen. Die vyfmalige Dakar-kampioen van Katar, Nasser Al-Attiyah, was tweede vinnigste en Marek Goczał van Pole derde. Lategan sê hy het net instinktief gery nadat hy Dinsdag nege pap wiele gekry het:
8 Jan 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Cyril moet dieper kyk na Masemola-dagvaardiging

Activists and Citizens Forum sê president Cyril Ramaphosa en die waarnemende minister van Polisie, Feroz Chachalia, moet dieper ingaan op die sogenaamde dagvaarding teen die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola. Woordvoerder Dennis Bloem sê Masemola is gedagvaar om voor die hof te verskyn nadat die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie die inhegtenisneming aangekondig…
30 Mar 3AM 1 min

Agt miljoen woon No Kings-betogings in VSA by

Die organiseerders van die 'No Kings'-betogings Saterdag regoor die VSA en in talle ander lande sê meer as 8 miljoen mense het na raming daaraan deelgeneem. Betogers het protes aangeteken teen die president, Donald Trump, stygende lewenskoste, optrede teen immigrante en die oorlog in Iran. In Minnesota het betogers in…
30 Mar 3AM 1 min

Regering werk hard aan CITES beperkings

Die kwessie van Namibië se druk om ivoor te begin verhandel het die parlement bereik, met PDM-leier McHenry Venaani wat die regering uitdaag om 'n fermer standpunt in te neem teen die Konvensie oor Internasionale Handel in Bedreigde Spesies, CITES, rakende die voortdurende verbod op ivoor- en renosterhoringhandel. Hy hou…
30 Mar 2AM 1 min

Vorster vat sy eerste Sonskyntoer-titel

Martin Vorster van Suid-Afrika het die DNi-toerkampioenskap by die De Zalze-gholfklub in die Wes-Kaap gewen en sy eerste Sonskyntoer-titel opgeraap. Hy het klaargemaak met 66 om op 21 onder baansyfer te wen. Sy landgenote, Altin van der Merwe en Jaco Prinsloo, deel die tweede plek met 19 onder. Dit was…
30 Mar 2AM 1 min

Sinner behaal sy Sonskyn-dubbel

Die wêreld-nommer-twee, Jannik Sinner, het die Miami Ope gewen en die eerste keer in sy loopbaan ʼn Sonskyn-dubbel behaal. Dit beteken hy het in dieselfde jaar by Indian Wells en Miami koning gekraai. Die Italianer het die Tsjeg, Jiri Lehecka, verslaan en die eerste man geword wat ʼn Sonskyn-dubbel voltooi…
30 Mar 1AM 1 min