Jhb se eie kontrakteurs beskadig infrastruktuur doelbewus

Loading player...
City Power het ses kontrakteurs in Fordsburg, Johannesburg, betrap toe hulle die ondergrondse elektrisiteitsinfrastruktuur opsetlik beskadig het. Die verdagtes is tydens 'n intelligensie-gedrewe operasie aangekeer terwyl hulle ondergrondse koperkabels sonder 'n geldige werkopdrag gesny het. Nege kabelgedeeltes van altesaam meer as 24-meter was reeds beskadig. City Power se woordvoerder, Isaac Mangena, sê die verdagtes het vir 'n wettige kontrakteur gewerk en dus die openbare vertroue geskend:
7 Jan 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SA-regering moet intree op brandstofprys

Die Forum for South Africa eis onmiddellike en bepalende optrede van die regering om die groot brandstofprysstygings wat Woensdag verwag word, te keer of te verlaag. Die vooruitskatting vir April dui op ʼn moontlike verhoging van meer as 5 Suid-Afrikaanse rand per liter vir petrol en byna 9 rand per…
30 Mar 6AM 1 min

Pakistan sê VSA-Iran onderhandelings sal binnekort begin

Die Pakistanse minister van buitelandse sake, Ishaq Dar, sê die land is baie bly dat beide Iran en die VSA vertroue uitgespreek het in Pakistan om gesprekke tussen die twee lande aan te bied, wat hy sê in die komende dae sal plaasvind. Dar sê alle pogings sal aangewend word…
30 Mar 6AM 1 min

Kommer oor MIV/Vigs-reaksie

Ten spyte van die regering se versekerings dat Namibië se MIV/Vigs-reaksie ten volle befonds word, rapporteer nie-regeringsorganisasies toenemende infeksies, kondoomtekorte en vasgeloopte voorkomingsprogramme. Aktiviste sê dat die gevolge van verlore Amerikaanse skenkerbefondsing insluit dienste wat ontwrig word en organisasies wat hul deure sluit. Kosmos 94.1 Nuus het met gemeenskapsaktivis Sandy…
30 Mar 6AM 1 min

Myn-tantieme moet Energiefonds befonds

Na die regering Vrydag aangekondig het dat hy 500 miljoen Namibiese dollar opsy gesit het om bestuurders by te staan met verhogings, ontstaan vrae of die regering die kapasiteit het. Vrae ontstaan ook wat na die subsidies van drie maande gaan gebeur. Kosmos 94.1 Nuus het met ekonoom, dr. Omu…
30 Mar 6AM 1 min