
SAN sê oor minimumloon
Loading player...
Die minimumloon het reeds op 1 Januarie gestyg. Vir 2026 verdien huishoudelike werkers 15 Namibiese dollar per uur, landbouwerkers 14 dollar per uur en sekuriteitswerkers 16 dollar per uur, wat almal progressief beweeg na die standaard van 18 dollar per uur in 2027. Kosmos 94.1 Nuus het met Celeste Mhunduru, die administrateur van die Sekuriteitsvereniging van Namibië gepraat, wat sê die gefasseerde benadering word verwelkom aangesien dit die belange van werkers en werkgewers in balans bring.

