
Energiekenner wonder oor sukses van geskarrel na olie
Loading player...
In terme van Namibië se olie toekoms het die land alles wat die geologie betref om dit suksesvol te maak. Die aflandige Venus-olieveld is een van die mees belowende onlangse ontdekkings ter wêreld. Maar volgens berigte hou die wetlike en grondwetlike raamwerk nie tred met politieke ambisies nie. Totdat die parlement die wet duidelik maak, bly die energieminister die enigste wettige gesag in die petroleumsektor. Kosmos 94.1 Nuus het met energiekenner, Harald Schütt gepraat, wat wonder of die geskarrel na olie en gas die moeite werd is.

