
IShowSpeed sê hy kom wel na Namibië
Loading player...
Ten spyte van mediaberigte wat anders beweer, het die gewilde Amerikaanse internetpersoonlikheid Darren Watkins Jr., algemeen bekend as iShowSpeed, bevestig dat hy soos beplan na Namibië sal kom. iShowSpeed, wat spog met meer as 47 miljoen intekenare, besoek tans 20 Afrikalande as deel van sy Africa Stream-toer. Verwarring oor sy aankoms in Namibië het die rondte gedoen nadat die Namibiese Burgerlugvaartowerheid gesê het dat sy privaatvlugpermitte nie betyds aan die lugvaartowerheid se vereistes voldoen het nie. iShowSpeed het egter vanmiddag tydens 'n regstreekse uitsending planne bevestig om Namibië steeds te besoek.

