
Kommer in landbou oor nuwe wet rakende grond
Loading player...
Die voorspelling vir reën in die nuwe jaar is positief, wat 'n pluspunt vir plaaslike boerdery is. Ten spyte daarvan meen die landboukenner Wallie Roux dat die wet op grond wat tans in die parlement is, nie goed is vir die landbou-toekoms nie. Die Nasionale Vergadering sal op 3 Februarie sy verrigtinge hervat waar die wet weer onder bespreking sal kom. Roux het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en verduidelik sy mening.

