
Kenner waarsku SA oor kritiek teen Trump, VSA
Loading player...
Amerika se ontvoering van die Venezolaanse president, Nicolas Maduro en sy vrou, Cilia Flores, maak internasionaal groot opslae. Vele lande, insluitend Namibië en Suid-Afrika, het die VSA se optrede 'n oortreding van internasionale reg genoem en 'n skending van Venezuela se soewereiniteit. Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse politieke ontleder, professor Andre Duvenhage, gepraat wat sê tyd sal bepaal hoe Trump se besluite in die geskiedenis onthou word. Hy rig 'n bedekte waarskuwing dat die buurland se regering in sy spoor sal moet trap.

