
Twee in hegtenis wat glo met onwettige grensoorgange help
Loading player...
Die Grensbestuursowerheid het twee bemiddelaars in hegtenis geneem vir hulp met onwettige grensoorgange tussen Zimbabwe en Suid-Afrika. Assistentkommissaris, Nkhuliseni Luvhengo, sê 99 mense is die afgelope 24-uur op die Beitbrug-grenspos in Musina, Limpopo, in hegtenis geneem. Hy skryf die opsporing van ongedokumenteerde reisigers en smokkelaars wat gevaarlike goedere, insluitend diesel, smokkel, toe aan hommeltuigtegnologie. Luvhengo sê die twee sal na verwagting binnekort in die hof verskyn:

