
Privaatsektor kredietverlening sak weer in November 2025
Loading player...
Die groei van privaatsektor kredietverlening het in November verder afgeneem tot 4,5 persent op ‘n jaargrondslag. Simonis Storm sê hoewel dit 'n voortgesette verlangsaming verteenwoordig, bly die kredietverlening-groei ver bo die gedempte vlakke wat dwarsdeur 2023 en vroeg in 2024 waargeneem is. Kosmos 94.1 Nuus het met die Simonis Storm ekonoom Almandro Jansen gesels oor vooruitsigte vir die komende jaar.

