2026 gaan uitdagend wees vir toerisme

Loading player...
Die Gasvryheidsvereniging verwag dat 2026 'n uitdagende jaar vir plaaslike en globale toerisme sal wees. Dit kom nadat die VSA 'n nuwe visumwaarborg-inisiatief aangekondig het wat reis-, toerisme- en sakebande tussen Namibië en die VSA kan benadeel. Ingevolge die tydelike program kan sekere buitelandse burgers, insluitend Namibiërs, vereis word om 'n terugbetaalbare waarborg van tot 250 000 Namibiese dollar te betaal wanneer hulle aansoek doen vir toeriste- of sakevisums. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het die uitvoerende hoof van die vereniging, Gitta Paetzold, hoop uitgespreek dat die verwagte besprekings tussen die VSA en die Namibiese regering positief sal wees.
5 Jan 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Yango-permitte bly in die nuus

Die kwessie van die 30 April sperdatum vir registrasie van Yango-bestuurders word steeds in die Nasionale Vergadering bespreek, te midde van kritiek deur die publiek. Kosmos 94.1 Nuus het met Yango in verbinding getree en volgens Zanyiwe Asare, Yango se groephoof van beleid, sukkel Yango-bestuurders om permitte uitgereik te kry.
24 Apr 4AM 1 min

Trump kondig drie-week lange skietstilstand in Libanon aan

President Donald Trump van Amerika sê die skietstilstand tussen Israel en Libanon is met drie weke verleng. Dit volg na ʼn onlangse vergadering in die Withuis met die twee lande se ambassadeurs. Sporadiese gevegte tussen Israel se weermag en Iran-ondersteunde Hisbolla het die afgelope week voortgeduur. Hisbolla het vuurpyle op…
24 Apr 4AM 1 min

Gobabis vra hulp na swaar reën

Gobabis het nes Okahandja, Donderdag swaar reën ervaar en talle huise is oorstroom. Die A, B, en C Kanaan nedersettings het die grootste skade rapporteer. Gemeenskappe kort dringend hulp. Kosmos 94.1 Nuus het met die goewerneur van die Omaheke-streek, Pijoo Nganate gepraat.
24 Apr 3AM 1 min

DA verwelkom Masemola-skorsing

Die DA verwelkom die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, se voorlopige skorsing en sê dis ʼn noodsaaklike stap om die amp se integriteit te beskerm. Masemola het Dinsdag in die hof verskyn in verband met die onregmatige toekenning van ʼn SAPD-gesondheidsdienskontrak van 360 miljoen Suid-Afrikaanse rand aan Medicare24. President Cyril Ramaphosa…
24 Apr 3AM 1 min