
2026 gaan uitdagend wees vir toerisme
Loading player...
Die Gasvryheidsvereniging verwag dat 2026 'n uitdagende jaar vir plaaslike en globale toerisme sal wees. Dit kom nadat die VSA 'n nuwe visumwaarborg-inisiatief aangekondig het wat reis-, toerisme- en sakebande tussen Namibië en die VSA kan benadeel. Ingevolge die tydelike program kan sekere buitelandse burgers, insluitend Namibiërs, vereis word om 'n terugbetaalbare waarborg van tot 250 000 Namibiese dollar te betaal wanneer hulle aansoek doen vir toeriste- of sakevisums. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het die uitvoerende hoof van die vereniging, Gitta Paetzold, hoop uitgespreek dat die verwagte besprekings tussen die VSA en die Namibiese regering positief sal wees.

